Articles
Sport & School News
23 February 2018

 

Stormers vs Jaguares


Op Nuweland, Kaapstad skop die 2018 Super Reeks af met die Stormers wat gasheer vir die Argentynse Jaguares speel. Die Kapenaars beleef nie ‘n goeie game nie maar wen 28-20. Die nuwe jong losskakel Damian Willemse is bestem vir groot ruggas ou grote en is ‘n puik voetboller alla Dok Craven. Nog ‘n jong speler wat hope talent het is die flank Cobus Wiese ou grote, die mannetjie laat ‘n mens dink aan yster Juan Smith.


Die Jaguares het ‘n baie jong span vanjaar wat baie Puma spelers insluit. Hulle reis Jo’burg toe om teen die Leeus uit te draf.

Leeus vs Haaie 


In Jo’burg wen die Leeus 26-19 in ‘n klipharde game ou grote. Die Leeus het egter die oorhand in die skrums gehad oor die Haaie en hulle gedruk dat dit hulle knor en tanne kners. Die Leeus het verdien om díe een te wen en het die Haaie nie kans gegee om hardloop ruggas te speel nie. 


Elton Jantjies en Robert du Preez het ‘n lekker tweestryd aangehad, maar Du Preez het dalk díe een gewen. Thomas Du Toit was ‘n mislukking op vasskop. Die Haaie het nou ‘n loslootjie. Die Leeus speel tuis teen die Jaguares in Jo’burg.

Ander bepalings:

Vrydag 23 Feb
•    Highlanders vs Blues
•    Rebels vs Reds


Saterdag 24 Feb
•    Sunwolwes vs Brumbies
•    Crusaders vs Chiefs
•    Waratahs vs Stormers
•    Leeus vs Jaguares
•    Bulle vs Hurricanes

Nag ou grote...
 

Share this article with a friend...