Articles
Sport & School News
15 February 2018

Bulle vs Jaguares

Op Loftus se B-veld klop die Bulle die Jaguares 21-12 in ‘n oefen game. John Mitchell was heel in sy skik met die Bulle se vertoning. Die voorspelers lyk fiks vir die seisoen en agterlangs het jong talent sterk deurgekom.


Kom ons hoop maar die 2018 Super Reeks gaan beter wees as die droewige 2017 reeks. Die Bulle se eerste game is 24 Februarie teen die Hurricanes op Loftus.

 

Totsiens Darius Botha

Hulde word gebring aan Darius Botha, Naas Botha se broer, wat weens kanker vandeesweek oorlede is.

Is jy reg vir SuperBru?

Dan, op ‘n ligter noot.... die afskop van die 2018 Super Ruggas is op almal se lippe! Duisende SuperBru spelers is reg vir groot ruggas. Dikbek lang gesigte is ook weer aan die orde van die dag, maar julle moet net sterk wees mammas...

 

Bepalings: Week 1

  • Stormers vs Jaguares: Kaapstad: 15:05
  • Leeus vs Haaie: Johannesburg: 17:15

 

Nag ou grote...

Share this article with a friend...