Articles
Sport & School News
08 February 2018

Bulle vs Stormers

In Wellington eindig die oefenlopie toe gelykop met 26 elk. Beide die coaches was nou nie te spraaksaam na die afloop van die game nie. Slegte nuus vir die Stormers is die bul voorry Wilco Louw wat ‘n heupbesering opgedoen het, wat hom ten minste vier weke op die kantlyn gaan hou.

Die wedstryd was teen ‘n hoë tempo gespeel. Beide spanne lyk of hulle die bal wil lug gee in 2018. Die Stomers se eerste game is op 17 Februarie teen die Jaguares. Die Bulle kon die game gewen het as die die Libbok se strafdoel poging deur die pale was.

Sharks vs Racing 92

Die Haaie het nogal skerp gelyk in hulle friendly teen die Franse bulspan Racing 92 en wen 31-14. Die hand van Dick Muir kon duidelik gesien word met die puik agterspel van die Haaie. Die agterlyn het gekook terwyl die los trio ook hulle kant gebring het. Dít sonder die verskriklike Du Preez boeties. Hier kom ‘n ding ou grote…

Die Haaie skop die 2018 superreeks teen die Leeus wat beloof om ‘n riller te wees.

Blitsbokke

Die Blitse neem wraak teen Engeland en die Aussies onderskeidelik, maar gaan staan en verloor wragtig teen Fidji in die finaal. Nou gaan twee ysters ook die groep moet verlaat... Kwagga en Seabelo gaan nou weer Superruggas speel.

 

Die grootste nuus die week langs ‘n ou vuurtjie was die afskeid van Toetie… Lank lewe Rassie!

 

Nag ou grote...

Share this article with a friend...