Articles
Sport & School News
01 February 2018

Bulle vs Sharks

In die Peter Mokaba-Stadion het die Haaie die losmaker 31-14 gewen vir dít wat dit werd was! Die besering aan skrummie Louis Schreuder is egter ‘n groot terugslag vir die Haaie. Die Haaie reis Hongkong toe om teen die Franse Klub Racing 92 uit te draf. Coach Robert is heel tevrede met die span se vordering tot dusver. Ruan Botha is die Haaie se nuwe cappie vir 2018 se Super Ruggas.


In Blou Bul land is coach Mitch ook redelik tevrede maar daar wag nog harde werk. Lood de Jager, RG Snyman, Jesse Kriel en Warrick Galant sal eerskomende naweek teen die Stormers in nog ‘n oefen game uitdraf.

Leeus vs Bulle

Die Leeus het op Ellispark die Bulle B-span met 66-22 geklop. Die Bulle speel teen die Stormers eerskomende naweek in ‘n oefen game. Die Leeus het goeie nuus dat hulle yster cappie Warren Whitley weer fris en gesond is vir die Super ruggas.

Springbok Sevens

Die Blitse het goed begin met die toernooi in Sydney en dring deur tot die eindstryd. Dit was egter die nie smaaklik nie en die Blitse se neuse word in die gras gevryf deur ‘n begeesterde Aussie span. Die telling was 29-0 in die Aussies se guns. Cappie Philip Snyman is beseer vir die volgende toernooi in Nieu-Seeland.

 

Nag ou grote…

Share this article with a friend...