Articles
Sport & School News
25 January 2018
  • Die Blitsbokke draf die naweek in Sydney uit in die HSBC Sevens toernooi sonder hulle Steinhoff borgskap. Seabelo Senatla is weer terug by die Blitse. Díe mannetjie spog nou met 203 drieë in net 35 toernooie ou grote. Spoedvraat!
  • Die Stormers het hulle opwarmingsoefenlopie teen die SWD Arende 77-0 gewen. Die o/19 ster agsteman, Juarano Augus, het goed ingepas en gaan ‘n X wees vir die Stormers.
  • By die Bulls het coach John Mitchell die skindertonge aan die gons met die weglating van die Springbok skrummie Rudy Paige uit sy groep vir 2018.
  • Coach Mitchell het by die Bulle vir Burger Odendaal en Nic de Jager as die kapteins aangewys vir die seisoen.
  • By die Haaie word die Vrystaatse blits Makazole Mapimpi verwelkom om die seisoen op vleuel vir die Haaie uit te draf. 
  • Die Haaie en die Bulle speel Saterdag in Polokwane in ‘n opwarming game.
  • Die Leeus het ‘n groot terugslag met die besering aan hul Springbok vleuel Courtnall Skosan wat uit sal wees vir die hele seisoen.

Nag ou grote… Hou die hout droog en koop solank ‘n tjoppie! 

Share this article with a friend...