Articles
Sport & School News
09 February 2018

Rustenburg – Die jaar het afgeskop en Impala se manne is alreeds hard aan die oefen. Die klub se algemene jaarvergadering vind plaas op Dinsdag, 13 Februarie by die klub om 18h30. Nominasie vorms is beskikbaar by die klub; alle nominasies sluit op 29 Januarie om 18h30. Alle Impala rugby lede moet asseblief kennis neem van die vergadering. 

Enige iemand wat by die Rustenburg Impala klub wil aansluit, is meer as welkom om hoofafrigter, Nico Le Roux, te kontak by 073-177 8299. Oefentye vir die o/19 en o/21 en senior spelers is Maandae, Dinsdae en Donderdae om 18h00-19h30. 

“Enigeen is ook meer as welkom om die manne tydens oefening te kom ondersteun. Kom loer gerus!” sê Naas Olivier, Newrak Impala Rugby klub besigheidsbestuurder. 

Share this article with a friend...