Articles
Sport & School News
19 January 2018

Braaivleis… rugby… sonskyn… en Germaanse bruisdrankies… Dikbek Vrouens is ámper weer aan die orde van die dag ou grote! 

 

  • Die 2018 Super Rugby Reeks skop amptelik af op 17 Februarie ou grote.
  • Die Stormers se eerste game is teen die Jaguares op Nuweland met die Haaie wat teen die Leeus in Jo’burg gaan uitdraf.
  • Die Bulls het ook hul ondersteuners aan die praat met die truie wat hulle in die wegwedstryde gaan gebruik… Mamelodi Sundowns se kleure… Wyle oom Buurman draai in sy graf om ou grote!
  • Die Bulle en die Stormers se opwarmingswedstryd wat in Los Angeles sou plaasvind is van die baan af, en gaan nou 3 Februarie  in die Boland op Wellington gespeel word.
  • Springbok agsteman Duane Vermeulen, wat tans skitterende ruggas speel vir Toulon, sal weer beskikbaar wees vir die Stormers. Hy gaan gewis een van die steunpilare vir die Kapenaars wees. Eben Etzebeth gaan minstens vir tien games, weens ‘n rugbesering, buite aksie wees.
  • Die Leeus se nuwe coach, Swys de Bruin is in sy skik met Jaco Kriel se vordering na sy besering.
  • Will Genia, Aussie skrummie, gaan vir die Rebels vanjaar uitdraf.
  • ...En net so terloops ou grote, Eddie Jones se kontrak met Engeland is verleng tot 2021!

Nag ou grote…

Share this article with a friend...