Articles
Sport & School News
11 January 2018

Rustenburg – ‘n Jong dame van die stad sit Rustenburg op die kaart met haar uitmuntende graad 12 resultate.

Marie-Tinka Olivier, graad 12 leerling van die 2017 klas aan die Hoërskool Rustenburg, is die nommer een akademiese presteerder vir die wye Noordwes Provinsie vir 2017!

Haar nege onderskeiding vakke was: Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Wiskunde, Lewens Wetenskap, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde, Rekenaartoepassings Tegnologie en AdMaths.

In ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant vertel sy hoe sy uitsien na 2018. “Ek sien uit na nuwe uitdagings, nuwe mense, ‘n nuwe omgewing – en sommer alles, want dis nog vreemd en moet verken word!”

Marie begin hierdie jaar haar aktuariële wetenskap studies aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom.

Díe jonge dame het nie heeldag neus in die boek spandeer nie – sy het ook aan koor, atletiek en netbal deelgeneem. “Om ‘n balans te hou in alle aspekte van jou lewe is maar enige jong mens se uitdaging; ek is dankbaar vir my mense wat my ondersteun het,” sê Marie.

Vir die 2018 matrikulante sê Marie: “Sodra jy werk vir jouself lekker maak, sal jy dit geniet en goed vaar. Dit help om jouself aan te moedig en deur te druk. Deursettingsvermoë is een van die belangrikste bestanddele tot sukses!”

Foto Links: Marie-Tinka Olivier, graad 12 leerling van die klas van 2017 aan die Hoërskool Rustenburg, is die nommer een akademiese presteerder vir die wye Noordwes Provinsie vir 2017!
Foto Regs: Díe pragtige nooi is net ‘n akademies prinses nie, maar handhaaf ‘n gebalanseerde akademiese, sosiale en kulturele balans.

 

Share this article with a friend...