Articles
Crime & Accidents News
06 May 2024

Rustenburg – Marthinus le Roux en Cara Louw van Laerskool Vastrap het ons trots verteenwoordig by die SA-Skole Swemkampioenskappe in Gqeberha vanaf 17 tot 21 April 2024. Die Vastrap swemmers het uitgeblink en uitstekende prestasies behaal.

Marthinus le Roux het die volgende prestasies behaal:
• 50 m-borsslag: derde plek
• 100 m-borsslag: agtste plek
• 50 m-rugslag: negende plek
• 50 m-vryslag: 14de plek

Cara Louw het die volgende prestasies behaal:
• 50 m-borsslag: sewende plek
• 100 m-borsslag: negende plek
• 200 m-borsslag: negende plek
• 100 m-vryslag: 16de plek
• 50 m-rugslag: 16de plek
• 50 m-vryslag: 22ste plek

Baie geluk aan Marthinus en Cara met hierdie uitsonderlike prestasies! Hierdie resultate is ‘n ware bewys van harde werk, toewyding en vaardigheid. Hulle het die Vastrap skoolgees hoog gehou en ‘n inspirasie vir ander skoliere geword. Ons sien uit na hulle toekomstige suksesse in die swembad! 

Main Photo: Marthinus le Roux

Cara Louw

 

Share this article with a friend...