Articles
Crime & Accidents News
25 May 2018

Rustenburg – Volgens OorGrensVeiligheid, is André Pretorius oorval deur drie gewapende mans op sy plaas in die Donkerhoek area, Rustenburg.

Die verdagtes, een gewapen met ‘n vuurwapen, het Pretorius oorrompel omstreeks 19h30 op Vrydag, 18 Mei.
Hy is na sy huis gedring waar hy aangerand is. Nadat die aanvallers Pretorius se vuurwapen en selfoon gebuit het, het hulle vlug ingeslaan. Bernice, sy vrou, is ongedeerd, maar André is afgevoer hospitaal toe.

Die polisie en RCCF lede het vinnig reageer, maar het ongelukkig die spoor verloor.

 

Share this article with a friend...