Articles
Crime & Accidents News
30 March 2018

Rustenburg – Vroeër vandeesweek het sosiale media vlam gevat met vals gerigte van ‘n gewapende roof op die bekende bestuurskool ‘Learn Fast Bergsig Academy Driving School’.

Die Platinum Weekly het met Lew Rosslee (65), eienaar van ‘Learn Fast Bergsig Academy Driving School’ gesels om agter die kap van hierdie sosiale-media-byl te kom…

Learn Fast Bergsig Academy Driving School het oor die afgelope paar jaar bekend geword, veral onder die jonger bestuurders as die bestuurskool en is bekend vir die feit dat hulle ekstra moeite neem om almal, selfs individue met leer-probleme te akkommodeer. Hulle is ook bekend vir hulle goeie werk met minder bevoorregtes en voedingsprogramme by minderbevoorregte skole. 

Oom Lew is in der waarheid deur hul tuinier aangeval nadat hulle ‘n argument gehad het. Die werker het al twee jaar vir oom Lew  gewerk en was alombekend aan hulle. Volgens Ina Rosslee het Oom Lew vir die tuinier verduidelik dat hy ‘n paar dinge om die perseel gedoen wil hê, o.a. om ‘n nuwe draad te span. ‘n Twis het ontstaan en die werknemer het homself vererg vir oom Lew. Die werker het oom Lew deur die gesig geslaan met ‘n winkelhaak! Toe een van die dames personeellede sien hoe oom Lew aangerand word het sy hom te hulp gesnel. Sy het die werker probeer ontwapen maar hy het omgedraai en haar ook met die yster geslaan.

Daarna het hy te voet gevlug.

Die RCCF span is ontbied en het vinnige werk gemaak om die man vas te trek.

Oom Lew en Mev Ina Rosslee wil graag in ‘n hartlike dank uitstuur aan die mense van RCCF wat gehelp het met hulle vinnige reaksie. 

Share this article with a friend...