Articles
Crime & Accidents News
16 February 2018

Rustenburg – Asof kapings van voertuie en geboue nie erg genoeg is nie, begin kubermisdaad nou ook die oorhand kry! 


Naomi Pasino van Staan Saam Rustenburg het sonder versuim die Platinum Weekly koerant in kennis gestel toe sy ‘n verdagte Facebook boodskap ontvang van ‘n Facebook-vriendin van haar, Ansie Brough. 


In die reeks boodskappe, in Afrikaans, vertel Ansie Brough so ewe dat sy ‘n lotto gewen het. Naomi het eers kop gekrap, want Ansie is ‘n goeie vriendin en boonop ‘n Facebook-vriendin... Min wetende dat Ansie se Facebook-blad slegs van korte duur gekaap was. 


Die vals boodskappe vertel Naomi verder dat “Ansie” ‘n Facebook lotto gewen het en dat sy wat Naomi is, ook ‘n klein seiljag vol geld gewen het. Al wat sy moes doen, was om ‘n paar randjies in hierdie rekening te betaal...

Naomi het dadelik onraad vermoed en die mense in kennis gestel. “Dit is verregaande!” sê Naomi. “Die kriminele probeer mens in Afrikaans vang en nog op ‘n vriendin se naam! Almal moet op hul hoede wees!” 


Pasop vir die bedrogspul! Hierdie is nie ‘n nuwe kuber krimineel tegniek nie, so wees liefs op jul hoede! 

Share this article with a friend...