Articles
Crime & Accidents News
01 February 2018

Rustenburg – “Drie mans het stry gekry oor geld voor ‘n sportwinkel in Fatima Bhayat straat in die besigheidsarea van die stad op Maandag oggend om ongeveer 10h00,” sê kaptein Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder. 


Na bewering ruk een van die mans toe helder oordag sy wapen uit en skiet ‘n 34-jarige man summier dood. 


Die verdagte, ‘n 41-jarige man, het later die middag homself oorgegee by die Rustenburgse polisiestasie. Hy het op Woensdag, 31 Januarie voor die Rustenburgse Landdroshof verskyn. 

Share this article with a friend...