Schools & sport

Snaakse sokkies, ’n ernstige saak

6 November 2026 · Platinum Weekly

Snaakse sokkies, ’n ernstige saak

Sokkies met kleur, ondersteuning met hart: RSBO en die gemeenskap het in Oktober saamgestaan vir FAS-bewusmaking.

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Helder kleure, prettige patrone en harte wat omgee! Rustenburg Buitengewone Onderwys (RSBO), plaaslike skole, besighede en inwoners het in Oktober hul sokkies opgetrek om FAS-bewusmaking te ondersteun.

Die skool het op Donderdag 15 Oktober 2026 aan die FAS-dag deelgeneem. Ondersteuners wat nie daardie dag kon saamdoen nie, het later in Oktober hul “funky socks” aangetrek om hul steun te wys.

RSBO bedank die volgende deelnemers vir hul betrokkenheid:

Skole: Fields College, Da Silva School, Duitse Skool Kroondal, Laerskool Vastrap, Laerskool David Brink, Laerskool Rustenburg, Koster Gekombineerd, Lekwakwa Primary, Laerskool Sanddrift in Brits, St. Augustine School, Trappies en Treetjies Kleuterskool, Wysneusie Kleuterskool en Little Yuppies Nursery School.

Besighede: Ampath, Shauenburg Systems, Greens Plumbing, Geelhout Local Choice Apteek, Safari Local Choice, Life Style Local Choice, Auto Electrical, Betterbond, Kroondal Spar, Cabot Survey Partnership en 4xJs Fitment Centre.

Die skool spreek ook sy opregte dank uit teenoor elke lid van die publiek wat kaartjies gekoop of ’n donasie gemaak het. Elke bydrae help om hierdie belangrike bewusmakingsboodskap verder uit te dra – en wys hoeveel ’n gemeenskap kan vermag wanneer almal saamstaan.