Schools & sport

Susters deel die kollig én die podium

23 October 2026 · Platinum Weekly

Susters deel die kollig én die podium

Rustenburgse susters Charnè Swart en Danietza Du Toit het onderskeidelik tweede en derde in die Glamour-afdeling by Gym Angels geëindig.

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Vir susters Charnè Swart en Danietza Du Toit was die Gym Angels-fiksheidskompetisie ’n geleentheid om saam te skitter – en albei het met ’n podiumplek huis toe gekeer.

Die Rustenburgse susters het op Saterdag 10 Oktober 2026 aan dié kompetisie, aangebied deur UIBFF in Klerksdorp, deelgeneem.

Charnè het tweede in die Glamour-afdeling geëindig, met Danietza kort op haar hakke in die derde plek. Dié prestasies getuig van harde werk, dissipline en toewyding. Twee susters, twee podiumplekke en dubbele rede vir Rustenburg om trots te wees!