Met verf en vriendskap bou leerders brûe

Laerskool Proteapark se Dagbestuur van 2026 het met hul uitreik ’n verskil gemaak.
Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Laerskool Proteapark se Dagbestuur van 2026 het op Vrydag 28 Augustus 2026 ’n besondere besoek aan Rustenburg Buitengewone Onderwys gebring as deel van ’n uitreikprogram na ander plaaslike skole.
Die leerders het saam geverf, speletjies gespeel en lekker gekuier. Die besoek het hulle die geleentheid gebied om mekaar beter te leer ken, verskille te waardeer en te ontdek dat vriendskap geen grense ken nie.
Albei skole beskou die uitreik as ’n waardevolle en betekenisvolle ervaring. ’n Spesiale woord van dank gaan aan Melissa en Estiaan Fourie, die voogde van Laerskool Proteapark se Dagbestuur, vir hul betrokkenheid by hierdie besondere projek.

