Schools & sport

Rugga nuus

11 September 2026 · Platinum Weekly

Rugga nuus

2026 Rugby’s Greatest Rivalry Tour

Saterdag 5 September FNB-stadion, Soweto Op ’n ysig koue dag in Soweto was die Bokke allesbehalwe koud. Hulle het witwarm rugby gespeel en die Kiwi’s met 29-24 geklop in ’n epiese stryd tussen twee rugbyreuse. Bykans 88,000 fanatiese ondersteuners was singend deel van dié riller. Die All Blacks kon weer nie die mas in die skrums opkom nie – maar die vraag is nou: Wie kan staande bly teen die groen monsters?

Die laaste wedstryd vind op Saterdag 12 September in Baltimore, VSA, plaas. Afskop is om 23:00 Suid-Afrikaanse tyd. Die toets sal beslis of die reeks gelykop eindig en of die Bokke met 3-1 triomfeer.

Verskeie sleutelspelers in albei kampe is beseer, en die All Blacks sal sonder hul beseerde kaptein, Ardie Savea, moet uitdraf.

2026 Curriebeker

SEMI-FINALE UITSLAE Sondag 6 September
• Cheetahs 24-27 Pumas
• Griekwas 52-12 Lions XV

Finaal: Saterdag 12 September
• Griekwas 15:00 Pumas

Nag ou grote...