Articles
Social & Community News
25 November 2021

Brits/ Hartbeespoort – Kom ervaar die soet smaak van byeboerdery by die Bye-Boeredag op Saterdag 22 Januarie.


Dié spesiale geleentheid word aangebied deur die Bye-Unie SA en is deel van hul Projek Heuningwyser. Professor Eric Holm, voormalige hoof van die Departement Entomologie vir 20 jaar aan die Universiteit van Pretoria, sal as die hoofspreker dien.

Professor Holm is ‘n internasionaal-bekende wetenskaplike, bewaringsboer, navorser in boerderypraktyke en natuurboerdery.

Hy dien ook tans as die direkteur van ZZ2, een van die grootste natuurboerderye van SA met belange vanaf Mooketsi in die Verre-Noorde van SA – tot in die Suid Kaap. Sy voorlegging is gefokus op die intelligensie en gedrag van bye. Dit is noodsaaklike kennis waaroor ervare-, sowel as beginner-byeboere moet beskik. 


Vicki Kruger, SA Heuningkoningin en Mej Barbie SA sal ‘n heerlike heuningproe aanbied waar jy ‘n geleentheid sal kry om heuning-mead en verroomde heuning te proe gevolg deur ‘n demonstrasie om basiese byeprodukte te verwerk.


Die registrasiefooi van R100 dek alle kostes, insluitend lesings, verversings, ete en proe van verwerkte produkte. Die geleentheid sal in Brits of Hartbeespoort plaasvind en die finale lokaal sal aan die wat geregistreer is, deurgestuur word.


Vir meer inligting stuur ‘n WhatsApp na 061 657 6085 of epos habitatgo@gmail.com. 

Professor Eric Holm

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...