Articles
Social & Community News
25 November 2021

Rustenburg – Die Platinum Mark word elke jaar aangebied as die Gereformeerde Kerk Rustenburg-Wes se hooffondsinsameling, evangelisasie- en kuiergeleentheid. ‘n Deel van die fondse word gebruik vir uitreik en ondersteuning, en word teruggeploeg in die Rustenburg-gemeenskap. 


Met die 2020 markfonds is die volgende instansies gehelp: G-Om, Hospice, Huis Sering, Laerskool David Brink, Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys, Spes-Bona, Solidariteit Helpende Hand Platinum Mark Beursfonds.

Die Platinum Mark komitee wil elkeen bedank wat die Mark kom besoek het en dit vir ons moontlik maak om ‘n verskil te maak in ons  gemeenskap.


Ten spyte van al die omwentelinge in ons daaglikse lewe, is dit lekker om uit te sien na die alombekende Platinum Mark 2021! Die jaarlikse mark gaan vanjaar plaasvind vanaf 24 November tot 4 Desember by die Gereformeerde Kerk Rustenburg-Wes op die hoek van Klopper-en Zandstraat.
Die markorganiseerders sê dat vanjaar se marktema ‘Getrouheid - vrug van die Gees’ is, en as ’n reënboog uitgebeeld word. 


Dit is nie net vir die hoë gehalte produkte waaroor almal gaan praat nie, maar ook die heerlike vermaak elke aand asook die byvoegings op die spyskaart by die kiosk.

Daar is vanjaar heelwat nuwe produkte beskikbaar, maar markgangers kan ook uitsien na ou bekende uitstallers se handgemaakte items, heerlike eetgoed, juwele, geskenke, boeke en dies meer.

Daar is ongeveer 163 onderdakstalletjies. Streng Covid-19 protokol sal gehandhaaf word. Die dra van maskers en sanitering is ‘n vereiste. Toegang is gratis en parkering veilig. 

Markure is as volg:

  • Weeksdae: 09:00-20:00
  • Saterdag 27 Nov: 09:00-18:00
  • Saterdag 04 Des: 09:00-14:00
  • Sondae: Gesluit

Skakel vir Anso Green by 014 533 3439 tussen 08:00 en 14:00 vir navrae.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...