Articles
Sport & School News
25 November 2021

Mooinooi – Laerskool Elandskraal het op Woensdag 3 November groot pret gehad tydens hul pret-loop.

Die tema vir die jaar was superhelde en die jongspan het beslis uitgehaal en gewys met hul kreatiewe en unieke uitrustings.

‘n Wenner vir elke afdeling van die Elie-lewe is aangewys. Elandskraal se onderwysers het selfs kreatief geraak met hul oulike hemde met die slagspreuk ‘skoolhou is my superkrag’ op.

Laerskool Elandskraal se onderwysers in hul superheld hemde.
Van links: Akademio Xander Hayward, Sportdogter Tilinha Mabuza, Sportseun Muvhusi Mahada, Elie-Yster Shi-Lynn Tucker, Kaptein Kultuur Johané du Plessis en Spikkelpadda Marlique van der Sandt.

#FosteringASenseOfCommunity 

Share this article with a friend...