Articles
Social & Community News
04 October 2021

Rustenburg – Te dankie aan die bydrae wat die NG Kerk Proteapark van hul gemeente ontvang het, kon hul die kwartaal 225 pakkies opmaak. 


Die pakkies is op Donderdag 23 September by Oom Paul Skool, Laerskool Karlienpark en Tlhotlheletsang-skool in Kanana afgelewer. Nog pakkies is op 27 September by Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys en Lighthouse Children’s Home afgegee.


Projek Lea se sorgsakkies maak dit moontlik vir tienerdogters om daardie gevreesde tyd van die maand met gemoedsrus in te gaan. Die projek maak heeltemal staat op donasies vanuit die gemeente en gemeenskap.

Die produkte sluit sanitêre doekies, ‘n waslap, lyfseep, deodorant, tandepasta, ‘n tandeborsel, Vaseline en natlappies (wet wipes) in. ‘n Hartlike dankie vir die ruim skenkings vir Projek Lea! Dankie aan elke skenker, aankoper, pakker en diegene wat help met aflewerings! Julle is staatmakers.

Te danke aan al die skenkings ontvang, kon 225 pakkies opgemaak word.
Die span het saamgewerk om die donasies te verpak.

#FosteringASenseOfCommunity 

Share this article with a friend...