Articles
Social & Community News
28 September 2021

Rustenburg/ Kroondal – Die Saamstaan Fees se doelwit is om ons gemeenskap beveiligingsgroepe soos buurtwagte, plaaspatrollie en Gemeenskap Polisiëring Forum groepe finansieel by te staan – asook om toerusting en opleiding aan te bied.


Hierdie gemeenskap beveiligingsgroepe is ons eie gemeenskapslede wat dit op hulself neem om weerstand te bied teen die oorweldigende misdaad in ons wyke. Jong mense, ou mense, mans, vrouens... almal durf die koue, die laat nagte en gevaar aan, dag na dag, nag na nag, met min of geen ondersteuning.


Die Saamstaan Fees is jou geleentheid om te doen net wat die fees sê – om saam te staan en ‘n verskil te maak in ‘n saak wat ons almal raak, waaroor ons almal praat, bekommerd is en nie ‘n antwoord voor het nie – misdaad op ons voorstoep!

Die fees dien ook om van hierdie beveiligingsgroepe op een dag saam te kry onder die vaandel van Saamstaan en idees uit te ruil, skouer te skuur met sprekers wat spesialiseer in die gebied van beveiliging, spesialiseenhede wat vertonings gaan uitvoer en uitstallings met die nuutste sekuriteit toerusting. ‘n Vertoning deur die wêreld se eerste teen-stroping hond wat valskerm spring, Arrow, en sy eienaar Henry Holsthyzen is ook op die agenda vir die dag.


Bekende privaat speurder Mike Bolhuis sal ook aan die woord wees – en kostes beloop R150 vir volwassenes en R100 vir kinders en sal binnekort aanlyn beskikbaar wees by https://www.quicket.co.za/.


Die fees vind op Saterdag 30 Oktober plaas by Cheers & Beers op die hoek van die Buffelspoort en Rex pad. Vir meer inligting kontak Deon de Beer op 082 762 4039.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...