Articles
Sport & School News
13 September 2021

Rustenburg – Die gedetermineerde leerders van Laerskool Dawid Brink en hul sakke vol koeldrankdoppies het gehelp om ‘n groot inpak te maak in die lewe van Pieter Pavier op Vrydag 3 September.


Die skool het ‘n projek geloods waar hulle koeldrankdoppies ingesamel het ten einde te ruil vir ‘n rolstoel om vir iemand in die gemeenskap te skenk. Onder leiding van adjunkhoof Pieter Venter het die projek baie vinnig vlam gevat en leerders, die gemeenskap en selfs omliggende skole het ingespring en doppies bymekaar gemaak. 


Te danke aan almal se bydrae kon hulle 500kg se doppies inruil en sodoende die rolstoel aan Pavier oorhandig. Pavier, ‘n oudleerder en nou oupa van drie kinders in die skool, het tydelik ‘n rolstoel geleen maar kan nou spog met sy eie nuwe wiele wat net op die regte tyd gekom het.

“Om só sukses te maak van ‘n projek, het jy positiewe onderwysers en positiewe kinders nodig. Ons is trots op wat ons leerders hier vermag het,” aldus Laerskool Dawid Brink hoof Craig Olivier.


Baie geluk ook aan die Graad 4 groep wat die meeste doppies ingesamel het!

Laerskool Dawid Brink adjunkhoof Pieter Venter (links) oorhandig die nuwe rolstoel aan Pieter Pavier.
Die Graad 4 groep was die wenners vir die graad wat die meeste doppies ingesamel het.

#FosteringASenseOfCommunity 

Share this article with a friend...