Articles
Social & Community News
20 July 2021

Rustenburg – ‘n Nuwe ooreenkoms tussen die dierebeskermingsvereniging (DBV) en die munisipaliteit waarvolgens die munisipaliteit sy finansiële steun aan die organisasie hervat nadat dit in 2019 opgeskort is, is op 14 Julie onderteken.

Die munisipaliteit het destyds aangevoer dat hy onder geen verpligting staan om die DBV te ondersteun nie, en dat enige bystand in die verlede bloot donasies was wat hulle nie meer kon bekostig nie.

Daar is sedert 2019 deurlopend druk op die munisipaliteit toegepas om sy finansiële steun aan die DBV te hervat.

‘n Goeie dag vir die Rustenburg DBV.

 

Share this article with a friend...