Articles
Social & Community News
18 June 2021

Rustenburg – NG Proteapark het gedurende die maande Mei en Junie ‘n uitreikaksie van stapel gestuur om Charitas (maatskaplike dienste) te help met die insameling vir komberse. Dié komberse gaan spesifiek aan kinders oorhandig word. 


Die gemeente het altesaam 118 komberse op 10 Junie aan Cherie Steenkamp en Izelle Jacobs van Charitas oorhandig.


Die leraars van NG Proteapark, Ds Willem Pretorius en Ds Deon Strauss het die komberse op hierdie koue oggend namens die gemeente oorhandig. Hulle vertel: “Onder moeilike omstandighede het ons gemeente steeds met ons hande gevat om ‘n verskil te maak. Ons is ‘n gemeente wat graag uitreik en ons probeer help waar ons kan, maak nie saak van die omstandighede waarin ons onsself bevind nie. 


Ons is tog almal in dieselfde storm, ons bootjies verskil net: roeiboot, stoomskip, snelboot, duikboot of seilskip.”

Van links: Ds Deon Strauss, Izelle Jacobs, Cherie Steenkamp en Ds Willem Pretorius.

 

Share this article with a friend...