Articles
Sport & School News
01 May 2021

Rustenburg – April is outisme-bewustheid maand. Leerders en personeel van Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys het dié dag, 19 April, gate uitgeniet met lekkernye, spesiale aktiwiteite en kwaliteit-tyd bymekaar. 
Outisme verwys na ‘n wye verskeidenheid toestande wat gekenmerk word deur uitdagings met sosiale vaardighede, herhalende gedrag, spraak, en nie-verbale kommunikasie. Die  toestand maak dit vir die persoon moeilik om met mense rondom hulle te kommunikeer of te verstaan.

Otlptleng Ditlopo
Hier is Happy Flippers swem instrukteur Shadyn Vorster wat swemterapie aan Kanya Mtembu en Dini Barnes gee. Swemterapie is uitstekende oefeninge vir mense met outisme. Behalwe vir die fisiese ontwikkeling help dit ook met sensoriese prosessering... en dis vet pret! Vir meer inligting, kontak Shadyn op 072 4597039.
Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys onderwyser John Robbertse dans saam met sy klas.
Kenna Hurissa

 

Share this article with a friend...