Articles
Social & Community News
30 April 2021

Northam/ Rustenburg – Dit is met hartseer dat ons Oom Jan van Zyl groet. Hy het op 18 April verhuis om aan te sluit by Rusoord Ouetehuis te Rustenburg.
Oom Jan en wyle Tannie Marie van Zyl (oorlede 10 Mei 2019) het diep spore in ons gemeenskap getrap. Hul kinders woon nog in Northam en dus sal hy dan en wan kom inloer. Ja-nee kyk, daardie ferm handdruk en sterk stem sal ons beslis weer hoor!
“Ek het besluit om Rusoord toe te gaan omdat daar baie meer mense is van my portuur. 
Ek het al heelwat vriende gemaak en ons word lekker besig gehou met verskeie aktiwiteite. Gelukkig kom kuier die kinders gereeld, want dit is mos lekker naby. 
Ek het eintlik al einde Maart verhuis, maar het besluit om almal te groet vandag. 
Mens kan mos nie net sommer oppak en loop nie. Ek gaan hierdie gemeenskap baie mis, die mense was nog altyd net goed vir my, en ek wens almal baie seën en voorspoed toe,” vertel ‘n baie emosionele Oom Jan.

Oom Jan van Zyl groet die Northam/ Swartklip gemeenskap vir Rusoord Ouetehuis te Rustenburg. 

 

Share this article with a friend...