Articles
Social & Community News
19 April 2021

Rustenburg – Jy kan help om ‘n verskil in die gemeenskap te maak by die ‘Manna uit die Hemel Boeremark en Familiedag’ op Maandag 1 Mei. Daar sal verskeie kunstenaars optree en ‘n allerlei stalletjies beskikbaar wees om van te kies en te keur. Vir die jongspan sal daar ook hope vermaak wees sodat die hele familie die dag saam kan geniet. Alle fondse wat ingesamel word, sal aangewend word vir herstelwerk by Lighthouse Children’s Home. Die feesterrein is op plot 238 op die Dinie Estates pad, ongeveer 6km buite Rustenburg. Indien jy jou stalletjie gratis wil opslaan of vir meer inligting, kontak die organiseerder Elbe Turner op 078 731 4276.

Share this article with a friend...