Articles
Social & Community News
19 April 2021

Dou Druppels en Manna Tuisnywerheid

Rustenburg – Dou Druppels en Manna Tuisnywerheid is ‘n lekker bederf vir al jou sintuie.
Sodra jy instap sien jy al die lekkernye van die klassieke vleispasteitjies tot helderkleurige kolwyntjies. Die eienaar Johan R?hr is gewoonlik in die kombuis besig om iets heerlik te kook en die aroma van ontbyt of sy bekende bunny chow vul die winkel.
Daar is so baie om van te kies en te keur en meeste van die tyd vat mense maar beide die koeksisters en ystervarkies eerder as om die moeilike besluit te maak tussen die twee. Om nie eers te praat van die verskeidenheid konfyte wat hul op die rak het nie. 
By die toonbank is elke soettand se droom met tuisgemaakte fudge, nougat en selfs turkish delight.
Johan se beesstert word hoogs aanbeveel en kliënte kom altyd terug vir nog.
Hulle het ‘n fantastiese ontbyt wat slegs R30 kos. “Ontbyt is vir my belangrik so ek geniet dit altyd om te sien as die mense hulle eerste ete vir die dag so geniet. ‘n Hupstootjie om die dag op ‘n lekker manier te begin,” aldus Johan.
Dou Druppels en Manna se platter sal ook monde laat oophang en hulle kan versnapering voorsien vir enige geleentheid.

Gaan kuier by hulle by winkel 171 Kock Straat, Kloof Sentrum, Rustenburg of kontak hulle op 072 699 8498 om jou bestelling te plaas.

Maandag: 08:00 - 17:30
Dinsdag: 08:00 - 17:30
Woensdag: 08:00 - 17:30
Donderdag: 08:00 - 17:30
Vrydag: 08:00 - 17:00
Saterdag: Gesluit
Sondag: 09:00 - 12:00

Eienaar Johan R?hr is besig om ‘n storm op te kook in die kombuis.
Winkel assistent Mercia Visagie en die verskeidenheid konfyte. 

 

Share this article with a friend...