Articles
Churches & NGO News
02 December 2020

Rustenburg – Die AfriForum-tak in Rustenburg het dié organisasie se #VegEnBou-veldtog voortgesit toe hul op Dinsdag 10 November by Laerskool Vastrap aan 57 gesinne kos geskenk het wat hul vir twee maande deur sal trek.

Hul het ook op Vrydag 13 November Peperbasbome by die skool geplant. Peperbasse is ‘n baie spesiale boom omdat die bas, blare en wortels verskeie siektes kan genees. Vir hierdie rede word hulle gereeld gestroop wat lei daartoe dat die bome vrek – en so het dié bome op die rooi uitsterf-lys beland.

Die merkwaardige Rustenburg span is steeds voortdurend besig om die spruitjies in Safarituine skoon te maak. In samewerking met die munisipaliteit is die riete en gras verwyder. “Die area het ‘n broeiplek geword vir kriminele elemente en inwoners het deurgeloop onder die misdaad omdat sluipslapers in die veld wegkruip,” het AfriForum Rustenburg-tak voorsitter Chris Trytsman in ‘n onderhoud met Platinum Weekly gesê.

Die spruit se water het weer goed begin loop omdat die vullis, riete en indringerplante van die area verwyder was. Hul het selfs ‘n geval gehad waar hul bye moes laat verwyder wat hulself in die veld gehuisves het. “Ons wil die gemeenskap aanmoedig om te help om die areas instand te hou. AfriForum Rustenburg-tak is steeds besig om die area skoon te maak maar die volhoubaarheid daarvan, gaan van die gemeenskap afhang,” sê Chris.

AfriForum-tak in Rustenburg het aan 57 gesinne van kos geskenk.
Peperbasbome is op die Laerskool Vastrap terrein geplant.

 

Share this article with a friend...