Articles
Social & Community News
20 November 2020

Rustenburg – Die Heuningfees skop amptelik af om 10:00 by Steakout Grill in die Waterfall Mall op Saterdag, 21 November. Die 2019 Mej. Heuningkoningin Miané Smith sal die lint knip tydens die geleentheid.

Die Mead (heuningbrou)-promosie sal elke dag gedurende restaurant ure deurloop tot met die kroning van Mnr SA Heuningkoning- en Mej SA Heuningkoningin 2020.

Die fees sal afgesluit word met ‘n skemerkelkie om 17:00 op die hoofterrein waar die finale program plaasvind op 27 en 28 November. Dié fees sal plaasvind by die Hervormde Kerk-feesterrein op die R24, regs by die tweede sirkel vanaf Waterfall Mall. Stalletjies vir die twee dae kan nog bespreek word.

Vir aansoekvorms, inskrywingsvorms of meer inligting, kontak SA Heuningfees organiseerder Hennie Oberholzer per WhatsApp op 076 756 0801 of stuur ‘n epos na habitatgo@gmail.com.

Braggot en Melaurea sal van 21 tot 28 November by die restaurant beskikbaar wees.

 

Share this article with a friend...