Articles
Sport & School News
23 October 2020

Stormers vs Leeus

In Kaapstad wen die Stormers 23-17 in hulle eerste game van die seisoen. Baie verroes... maar die Kapenaars het ‘n super pak vories wat hulle gemaklik tot in die finale sal 'in skrum'. Agterlangs het dit maar broekskeur gegaan en Damian Willemse sukkel op 10 ou grote.

Dit was dan die laaste keer dat die Stormers op Nuweland uitgedraf het en dit sonder enige toeskouers! Hartseer dag in die geskiedenis van WP ruggas... Die Leeus het goed begin maar die Kapenaars se skrum het die deurslag gegee.

Die Stormers draf Vrydagaand teen die Pumas uit en die Leeus pak die Cheetahs in ‘n katgeveg in Johannesburg.

Cheetahs vs Bulle

In ‘n taai, opwindende game verras die Blikore en klop die Bulle 19-17. Op die einde van die dag het die Vrystaters die oorwinning verdien. Die Cheetah cappie, Ruan Pienaar, moes die veld in die eerste helfte verlaat met ‘n ernstige kniebesering wat hom blykbaar tot in Desember op die kantlyn kan hou. Die ervaring van Francois Steyn was goud werd vir die Cheetahs en hy het ‘n wonderlike dag op kantoor gehad.

Die Cheetahs se volgende game is op Ellispark teen die Leeus met die Bulle wat op Loftus tee die Haaie gaan uitdraf.

Griekwas vs Pumas

In Kimberley was die Pumas op die dag net beter as die Diamantboere en wen 27-21. Na die groot pakslae die vorige Saterdag het die Pumas gewys hulle het nog nie moed verloor nie en het puik ruggas opgedis.

Die Pumas gaan egter Vrydagaand ‘n groot toets afle wanneer hulle gasheer vir die Stormers gaan speel. Die Griekwas verdien ‘n loslootjie.

Te min ‘speel minute’

Dit is nou amptelik dat die Springbokke nie in 2020 se Rugby Kampioenskappe gaan deelneem nie. Blykbaar weens te min speelminute of so iets... maar baie ingewikkeld ou groenes.

Bledisloe Cup

In Auckland het die All Blacks puik ruggas gespeel en klop die Aussies 27-7. Daar is egter nog hoop vir die Aussies want die trofee word oor vier toetse beslis. Die laaste twee toetse, wat deel maak van die Rugby Kampioenskappe, word in Australië beslis en kan dalk in die Wallabies se guns tel.

Nag ou grote...

Share this article with a friend...