Articles
Sport & School News
23 October 2020

Rustenburg – Louis Viljoen het op Donderdag 8 Oktober sy groentetuin kennis gedeel met die leerders van die Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys.

Tydens sy besoek het die jongspan ‘n produksielyn gevorm en geleer om hul eie spinasie te oes, op te sny, te blansjeer en te verpak. Die skool se groentetuin voorsien nie net die skool se leerders en hul families met organiese groente nie, maar gee hulle ook die geleentheid om meer te leer oor hoe om self groente te plant en te verwerk.

Louis Viljoen wys die leerders hoe om spinasie te oes.
Die spinasie word gesny voor dit blansjeer word om te verpak.

 

Share this article with a friend...