Articles
Sport & School News
16 October 2020

Sharks vs Lions
Die telbord wys 16-13 in die guns van die Haaie maar wragtig ou grote, hierdie is nie ‘n game wat hulle verdien het om te wen nie. ‘n Gelykopuitslag sou meer die ware weergawe wees. Elton Jantjies kon die game dalk gelykop getrek het as hy sou besluit om ‘n strafskop pale toe te neem maar eerder ‘n skrum verkies wat toe rampspoedig afgeloop het. 
Die Leeus speel Saterdag 19:00 teen die Stormers in Kaapstad. Die Haaie verdien ‘n loslootjie en moet dalk hulle skrums gaan oefen.


Bulle vs Griekwas
Op Loftus moes die Bulle hard werk om die Griekwas 30-23 te troef. Dit was nie juis ruggas om oor huis toe te skryf nie. Bra Jake meen sy outjies het karakter gewys maar dis ook omtrent al wat hulle gewys het.
Vrydagaand 19:00 draf die Bulle teen die Cheetahs in Bloemfontein uit. Die Griekwas gaan in Kimberley teen die Pumas uitdraf.


Cheetahs vs Pumas 
Van die “katgeveg” is daar maar min gesien want die Cheetahs was eenvoudig net te sterk vir die Pumas. Die rustyd telling was reeds 41-3 in die Blikore se guns met Oom Jimmy se bloeddruk die hoogte in.
Die Cheetahs druk agt drieë met Malcolm Jaer wat drie keer oorgaan. Hierdie jong vleuel het ‘n puik game gehad en sy jong spanmaat Junior Pokomela het getoon dat hy Bokmateriaal is. Junior het op flank soos ‘n senior gespeel en het gekook ou grote.
Die Cheetahs speel Vrydagaand 19:00 teen die Bulle in die Rosestad. Die Pumas moet Kimberley toe reis om teen die Griekwas te loop speel.


INTERNASIONAAL
All Blacks vs Wallabies


In die eerste toets van 2020 kon geen mens vir meer drama gevra het nie ou grote. In Wellington eindig die telling 16 elk. In die 86ste minuut tref Reece Hodge se strafskop poging die regoppaal wat die Aussies van ‘n geskiedkundige oorwinning weerhou.
In die algemeen is goeie ruggas gespeel. Die Aussies lyk na ‘n veel beter span onder die sweep van Dave Rennie. 
Die twee aartsvyande sit hulle stryd voort op Edenpark waar die All Blacks vir die laaste 26 jaar nie verloor het nie. Rekords is gemaak om te breek...
Matigheid en lekker braai ouens...
Nag ou grote...

Share this article with a friend...