Articles
Social & Community News
16 October 2020

Rustenburg – Die gemeenskap word aangemoedig om deel te neem aan ‘n optog teen plaasmoorde op Sondag 25 Oktober in Rustenburg.


Die optog sal om 08:00 afskop op die hoek van Leyd straat en Oliver Thambo rylaan en sal deur verskeie strate dwarsdeur Rustenburg beweeg tot by die area waar die kruise geplant sal word.


Bring jou eie kruis van enige grootte. Die kruis moet wit geverf wees met ‘n skerppunt wat in die grond ingeslaan kan word. Jy kan jou eie boodskap opsit en indien moontlik bring ‘n hamer saam om die kruise in te slaan.


“Ons wil vir die boere wys, hier is mense wat omgee. Dit breek my hart om daagliks te lees van boere wat aangeval en vermoor word. Ons wil hê die hele Suid-Afrika moet saam staan, ons moet ons verskille opsy stoot en saam bid vir die boere. Doen dit vir jou kinders se toekoms,” het organiseerder Tina Steyn gesê.

Die volgende persone kan gekontak word vir meer inligting:
Tina Steyn - 083 749 7761
Valery Beyleveld - 073 457 3510
Juanita Pasino Louw - 083 444 6391
Carlo Pasino - 071 496 5244
Marlene Odendaal - 082 679 0718

Share this article with a friend...