Articles
Sport & School News
25 September 2020

Rustenburg – Die jaar 2020 het verskeie uitdagings voor ons deur neergelê, maar Hoërskool Rustenburg (Rusties) leerders Zenanke Vorster, Nicolas Alberts, Mateo Bester en Nadia Marais was voorbereid en het deelgeneem aan die interskole-spanredenaars wat regoor die land op ‘n virtuele platvorm gestalte aangeneem het. Hulle het vasgebyt en eindig tweede in Suid-Afrika.

Zenanke het ook deelgeneem aan die onvoorbereide afdeling van die redenaars en eindig vierde in die land.

Hierdie vier deelnemers het ook aan die Conspiroto-spanredenaarskompetisie deelgeneem en dring deur na die landsfinaal wat in die eerste twee weke van Desember in Johannesburg afspeel. Hulle het nog nie genoeg gepraat nie en skryf ook in vir die ATKV-spanredenaarskompetisie wat nou in September plaasvind.

Van links: Mateo Bester, Nicolas Alberts, Nadia Marais, en Zenanke Vorster.

 

Share this article with a friend...