Articles
Sport & School News
25 September 2020

Brumbies vs Reds

In Canberra klop die Brumbies die Reds 28-23 om vir die eerste keer in 16 jaar weer ‘n trofee te verower. Dit was ‘n klipharde stryd soos die rustyd telling van 15-13 in die Brumbies se guns kan getuig. Verskeie jong Aussie spelers het uitgeblink in die reeks en hopelik kan dit weer die Aussies op die wenpad bring.

Intussen het die nuwe coach van die Aussies, Dave Rennie, vir Michael Hooper aangewys as die cappie vir die res van 2020. Die Aussies draf op 11 Oktober teen die All Blacks uit en die game sal dan ook Hooper se 100ste toets wees. Hooper het die Aussies in 46 van sy 99 toetse aangevoer.

Cheers mate...

  • In die Engelse Premier Liga het die Sale Sharks die Harlequins geklop om as 2020 se kampioen span gekroon te word. Vir die wenners het Faf de Klerk, Robert du Preez en Dan du Preez weer skitter spel gespeel en ‘n groot aandeel gehad in die oorwinning.
  • Die Springbok Pocket Rocket, Cheslin Kolbe, is tans op almal se lippe met sy absolute briljante spel vir die Franse Klub, Toulouse. Hierdie klein yster is tans die planeet se beste agterspeler en met sy systappie en dodelike aanvalle druk hy meesterlike drieë!
  • Tuis... braaivleis en yskoue Germaanse bruisdrankies is aan die orde van die dag ou grote! Gaan groot, maar bly van die paaie af!
  • Op Loftus gaan die Super Fans mekaar aanvat. Saterdag 26 September pak die vier Super Rugga spanne mekaar in twee vriendskaplike games. Die eerste game gaan die Haaie teen die Bulle opdraf. Die Bulle gaan gelei word deur Duane Vermeulen. Sy tweestryd met die kookwater agsteman van die Haaie, Sikhumbuzo Notshe, gaan een van die hoogtepunte wees. Die Haaie word aangevoer deur die Springbok, Lukhanyo Am.
  • Die Leeus draf teen die Stormers uit in die tweede game. Die Stormer coach, John Dobson, is vol vertroue dat sy ouens beter sal doen as ses maande gelede. Die Stormers word dan aangevoer deur die Bok cappie, Siya Kolisi. Die Leeus het 'n paar groot name verloor, nie deur COVID nie ou grote, maar volgens ingeligte bronne is die Leeus reg vir aksie.
  • Die aksie op Loftus gaan maar aan die stil kant wees want geen toeskouers mag die games bywoon nie, en dit is deur COVID ou grote. Lekker ruggas kyk ouens!

Nag ou grote...

Share this article with a friend...