Articles
Sport & School News
19 September 2020

Australian Domestic Super Rugby

Reds vs Brumbies

Die Reds het met ‘n welverdiende oorwinning van 25-13 in Brisbane gewen en daarin geslaag om dan in die finaal teen die Brumbies uit te draf om te bepaal wie die 2020 Aussie Super Span sal wees. Rustyd was die telling 10 elk, maar in die tweede helfte het die manne van Queensland beheer geneem om as waardige wenners van die veld af te stap.

Cheers mate...

Rugga Chunks...

  • In Aussie-land het coach Dave Rennie ‘n groep van 44 spelers aangewys waaruit hy sy 23-tal gaan kies om teen die All Blacks in die twee Bledisloe Cup Toetse te speel op 11 en 18 Oktober. Rennie het ook nog nie ‘n cappie aangewys nie... alhoewel Michael Hooper wel in die groep is.
  • In Bokland is die besering wat Handrè Pollard die afgelope naweek opgedoen het ‘n groot bron van kommer vir die Bok Coach Pollard, wat vir sy Franse klub Montpellier gespeel het.
  • Die 2020 Rugby Kampioenskap sal vanaf 7 November tot 12 Desember plaasvind.

Nag ou grote...

Share this article with a friend...