Articles
Sport & School News
11 September 2020

Reds vs Brumbies

Die Reds klop die Brumbies gemaklik 26-7. Die Brumbies het nie regtig opgedaag vir die game nie want in hulle agterkoppe het hulle geweet dat hulle reeds gekwalifiseer het vir die eindstryd... Maar sielkundig kan dit hulle benadeel en tot voordeel van die Reds wees.

Die Reds gaan nou uitspeel teen die Rebels om te bepaal wie teen die Brumbies in die finaal te staan gaan kom.

Rebels vs Western Force

Die Rebels het veertien onbeantwoorde punte aangeteken om van ‘n 20-30 agterstand die game 34-30 te wen. In die laaste beweging van die game het Cabous Eloff oorgegaan vir die wendrie. Hierdie game was die Force se beste vertoning van die reeks, maar nog steeds nie goed genoeg nie en eindig laaste sonder enige oorwinning in die reeks.

Die Rebels gaan nou teen die Reds te staan kom om te bepaal wie teen die Brumbies in die finaal gaan speel. Vir die Rebels is dit ‘n groot mylpaal want dit is hulle eerste semi-finaal waarin hulle gaan opdraf. Miskien verras hulle die arrogante Brumbies en wen die titel.

Good night mate...

Skitterende ruggas word gesien in die jaarlike Noord Suid derby in Nieu-Zeeland. Verskeie tweestryde is vooraf bespiegel waarvan die stryd in die nommer 10 trui dalk heel bo aan die lys was.

Beauden Barrett en Richie Mo'unga het beide puik spel opgelewer. So kan die lys aangaan van topklas spelers wat die kies van ‘n 2020-toetsspan, die All Black keurders gaan laat kopkrap. In hierdie riller word tien puik drie gedruk en die eindtelling val in die Suide se guns en wen 38-35.

Die nuutverkose All Black cappie Sam Cane is nog steeds op die krukkelys en dit kan ook ‘n groot kopseer vir mnr Vorster en kie wees. Daar is tans ses losvoorspelers wat by enige span in die wêreld kan instap.

Kiwi ruggas kook ou grote...

Share this article with a friend...