Articles
Crime & Accidents News
11 September 2020

Rustenburg – NG Proteapark dominee Willem Pretorius het saam met fietsryers van die gemeente en die Rustenburg Cycling Club (RCC) ‘n sirkelroete van 70km gery op Sondag 6 September.

Hulle het die roete aangepak vir die bewusmaking van Bybelverspreiding in Afrika deur Bibles for Africa. Heelwat donasies vir hierdie goeie werk is ook reeds ingesamel.

Bibles for Africa se fabriek en pakhuis is in Rustenburg. Hulle druk, bind en versprei Bybels in veral vlugtelingskampe soos Kakuma in die noordweste van Kenya en Bidi Bidi in die noordweste van Uganda. Hulle fokus ook op die verspreiding van Bybels in die suide van Sudan.

Gedurende die grendelstaat het hulle 90,000 Bybels in verskillende tale gedruk en gebind en hulle begin hierdie week met 40,000 Franse Bybels vir vlugtelingskampe in Zambië. Hulle het die regte vir die druk en verspreiding van Bybels in meer as 800 verskillende tale.

“Baie dankie vir elke persoon wat saam met ons getrap het, asook ingeskakel het op die regstreekse uitsendings deur die oggend. Ons is gemaak om spore te los en ‘n verskil te maak, en ek glo dis wat ons vandag gedoen het,” aldus dominee Willem.

NG Proteapark gemeentelede en lede van die span saam vir die bewusmaking van Bybelverspreiding.
Reg vir die langpad.
Fietsryers het 70km gery vir bewusmaking.

 

Share this article with a friend...