Articles
Sport & School News
26 June 2020

Blues vs Chiefs

In ‘n sopnat FMG Waikato Stadium, voor 24,000 toeskouers, behaal die Blues hulle tweede oorwinning van die reeks en klop die Chiefs 24-12 ou grote. Die 24,000 mense was ook die grootste skare sedert 2006 en dit was ook die eerste keer in nege jaar dat Aucklanders die Chiefs kon klop!

Die nat en koue wintersaand het ‘n demper op die spel geplaas met 'n game wat nie lekker aan die gang wou kom nie.

Beauden Barrett behaal sy eerste punte vir die Blues met ‘n puik skepdoel. Glo dit of nie... sy eerste drop in Super Ruggas! Aan die Chiefs se kant was Damian McKenzie soos gewoonlik weer op sy stukke en hy teken dan ook al twaalf punte vir sy span aan.

Soos in die twee games verlede week, was die strafskop syfer ook weer amper meer as die COVID-19 getalle in sommige lande maat! Die Chiefs se volgende game is teen die Crusaders op 28 Junie en die Blues pak die Highlanders aan op Edenpark.

 

Hurricanes vs Crusaders

In Wellington klop die Crusaders die Hurricanes 39-25 met puik ruggas ou grote. Die manier waarop die Saders die game gespeel het, was verstommend as jy in ag neem dat hulle sowat drie maande laas in ‘n game was. Soos dit in Ingels uitgedruk word... Hulle het 'n statement gemaak.

Vir die Canes het die losskakel Jackson Garden-Bachop vyf strafskoppe, een skepdoel en ‘n doelskop behaal vir ‘n persoonlike bydrae van 20 punte. Die gewese WP en Haai speler, Kobus van Wyk, het as plaasvervanger in die tweede helfte vir Canes opgekom. Maar vir Van Wyk was dit ‘n dag wat hy so gou moontlik sal wil vergeet. Hy begaan twee onervare blapse wat vir die Saders twee drieë op ‘n skinkbord gee. Die Saders gaan kuier dan vyf keer agter die Canes doellyn en behaal dan ook ‘n waardevolle bonuspunt.

Hierdie reeks se wenner word bepaal deur die span wat heelbo aan die punte-tabel eindig. Die Hurricanes het 'n loslootjie volgende met die Saders wat teen die Chiefs gaan uitdraf.

Nag ou grote...

 

Share this article with a friend...