Articles
Sport & School News
19 June 2020

Rustenburg – Laerskool Dawid Brink personeel het op Maandag 25 Mei byeengekom om voorbereidings te tref vir terugkeer van die Graad-7 groep.

Die skool is van hoek tot kant skoongemaak en personeel het ‘n opleidingsessie bygewoon oor die skool se COVID-19 plan van aksie.

Laerskool Dawid Brink skoolhoof Craig Olivier wil ouers gerusstel dat die skool opgewonde en voorbereid is om die jongspan terug te ontvang. “Dit is nie wat met jou gebeur wat saak maak nie, maar hoe jy dit hanteer. Ons as Brinkies kies om hierdie nuwe normaal met albei hande aan te gryp en die beste daarvan te maak.”

Op 8 Junie het die skool met ope arms en sosiale distansiëring die kinders verwelkom. Na die baie lang vakansie was die jongspan opgewonde om terug te wees by die skool.

Van links: Impala Platinum Mine verteenwoordiger Blackie Swart, Blaartjie, Laerskool Dawid Brink adjunkhoof Pieter Venter en skoolhoof Craig Olivier.
Die Graad-7 groep is terug by die skool.

 

Share this article with a friend...