Articles
Sport & School News
28 May 2020

En so storm die virus steeds verwoed voort ou grote. Miljarde rande word verloor en het dan tot gevolg dat benoude hase benoude spronge maak.

  • ‘n Kwarteeu (25 jaar) gelede, was dit die begin van die '95 Rugby Wêreldbeker, ou grote. Dit was 'n keerpunt in die geskiedenis van SA ruggas. Die Bokke se terugkeer na die internasionale arena en dan wen hulle sommer die groot beker ook!
  • Die WP se ondersteuners het ‘n geldige rede gekry om weer na grendeltyd 'n ou ietsie te vat, wettig. Die Kaapse goue seun, Pieter-Steph du Toit bly vir eers aan na sy mislike aanbod van Japan.
  • Nóg twee spelers in die Kaap gaan Japan toe. Die belowende losskakel Jean-Luc du Plessis en die jong yster Kobus Wiese het besluit om hulle tasse te pak.
  • Die Springbok haker, Bongi Mbonambi, se poging om Blou Bul land toe te gaan, het lelik misluk.
  • Die Blou Bulle het ook hulle nuwe assistent en voorspeler coach bekend gemaak – Russell Winter gaan nou die sweep slaan in die Bul-kamp.
  • Die Bulle se nuutste toevoeging op die inkopielys is Travis Ismaiel. Die begaafde speler is weer terug in Pretoria.
  • Tot op hede is daar ook nog nie besluit of SA enige plaaslike grendel ruggas gaan sien nie.
  • Die koue is op hande en in die hande is darem 'n ietsie wat warm gaan maak, en dit is nie koffie nie... Veilig wees!

Nag ou grote...

Share this article with a friend...