Articles
Sport & School News
15 May 2020

Suid-Afrika – COVID-19 is steeds in beheer van alle sport op planeet aarde – soos met duisende ander leefwyses.

Die gevreesde COVID-19 virus keer egter nie die bewegings van die veld af nie. Fluitjies en rooikaarte word nou wel nie gesien of gehoor nie... maar positiewe en negatiewe fakse vlieg heen en weer in die ruggas kantore tussen geledere.

Bill Beaumont wen sy stryd teen Agustin Pichot om as die groot indoena van Wêreld Rugby aan te bly vir die volgende vyf jaar, met 28 stemme vir hom en 23 teen hom.

Sanzaar het intussen alle gerugte die nek ingeslaan vir die rumours dat die Bokke en Pumas uit die Superugby verwyder sal word. Dit is nou weer die Aussies wat dit voorstel.

Pieter-Steph du Toit wat gekroon was as Speler van 2019 het 'n positiewe faksie ontvang ou grote. Die Franse klub Montpellier bied hom net R75 miljoen aan vir drie jaar se dienste. Not too shabby mate... not too shabby at all! Die R23 miljoen wat Handré Pollard gaan ontvang, lyk skielik soos kleingeld...

Op die tuisveld, veral in Blou Bul-land, kook die pot maat! Na die aanstelling van Jake White is daar gewys dat die gesegde “'n nuwe besem vee skoon” ware woorde is. Eers bedank die CEO Alfons Meyer uit die bloute uit en toe volg die ‘bedanking’ van Pote Human.

Johnny Kotze het ook besluit om die Bulle vaarwel te wens en gaan nou in Japan jol met Manie Libbok wat aansluit by die Haaie. Die eerste kopie op Jake se lys is die voorry Marcel van der Merwe wat blykbaar in Junie in die Blou Bul kamp gaan wei. Frans Steyn het 'n kontrak van twee jaar met die Cheetahs gesluit en blykbaar was Ruan Pienaar die invloed vir Steyn se besluit.

Wees veilig. Bly tuis as jy moet. Dra 'n masker en bly so ver weg van mense af soos Naas Botha van 'n los gemaal.

Nag ou grote...

Share this article with a friend...