Jobs & Vacancies

RCL Foods

 


16 November 2017


Veevoer Verkoopsagent - Platinum Weekly Ad


Rustenburg


North West


Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om Molatek en Epol veevoer te bemark
aan huidige en potensiële kliënte in die Rustenburg, Brits en Pretoria areas, sowel as om:

 

  • Tegniese advies te voorsien
  • Marknavorsing en produkevaluasies te doen
  • Nuwe markte te identifiseer
  • Kliënteverhoudinge te handhaaf
  • Naverkopediens aan te bied.


Om vir aanstelling in aanmerking te kom, moet kandidate in besit wees van ten minste ’n diploma in Landbou (Diereproduksie met Voeding), gerugsteun deur ten minste drie jaar ondervinding. Kandidate moet dinamies en energiek wees en moet goed met mense kan kommunikeer en hulle positief kan beïnvloed. Rekenaar vaardigheid asook vaardigheid in Afrikaans en Engels is ‘n voorvereiste.
Kandidate met ‘n landbou kwalifikasie sal voorkeur geniet.


Aangesien dit ‘n Kommissie Agent aanstelling is moet aansoeker van sy eie voertuig, selfoon en rekenaar gebruik maak.


Ons bied ’n mededingende kommissiepakket ooreenstemmend met hierdie tipe pos.
Stuur -epos asseblief u geskrewe aansoek, CV vergesel van volle persoonlike en beroepsbesonderhede, aan: Henk.vanderWesthuizen@rclfoods.com

Sluitingsdatum: 16 November 2017
Indien u nie binne 30 dae na die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.



Henk.vanderWesthuizen@rclfoods.com


Share this vacancy with a friend...