Articles
Social & Community News
25 October 2017

Skrywe aan die redakteur,

Rustenburg – Oorstelp van vreugde was ons toe ons verlede week se Platinum Weekly koerant oopmaak en sien dat die Rustenburgse munisipaliteit oorlog verklaar het teen onwettige storting en rommel strooiing in ons stad.

Maar van korte duur! Ek het so oomblik gehad waar ek gedink het dit is dalk ‘n realiteit. Ek let toe orals op om my en kom toe met skok agter dat die einste munisipaliteit wat belowe “ons is op die oorlogpad teen onwettige storting” die einste munisipaliteit is wat op hul eie gronde onwettig stort. Kyk byvoorbeeld na die munisipale terreine in Kock straat, die Ouditorium, Kloof straat, die Paul Bodenstein parkie.

Huigelaar! Haal éérs die balk uit jou eie oog uit en dan sal jy goed kan sien om die splinter in jou broer se oog uit te haal!

Kontrakteurs is ook groot sondebokke op díe gebied. A nee a! Hier noem ek spesifiek die rommel wat die kontrakteurs na die sypaadjie verbetering in Azaleapark in die oop veld tussen Elohim en Corner Heights gaan stort het, en die rommel wat steeds op die sypaadjies agtergelaat is.

Getroue leser en trotse Rustenburger, Anoniem

Share this article with a friend...