Articles
Sport & School News
12 October 2017

Curriebeker 2017

Cheetahs vs Bulle

In Bloemfontein word hardloop die Bulle die disnis en druk sommer tien drieë ou grote! Hulle wen verspotmaklik met 64-36 in ‘n drieë fees soos min met die Cheetahs wat self vyf keer druk. Daar gaan gewis ‘n paar wenkbroue gelig word oor beide spanne se verdediging. Vir die Cheetahs het flank Daniel Maartens drie keer gedruk met Burger Odendaal en Warrick galant van die Bulle ook elkeen drie keer. Die Bulle is tans vyfde op die log maar kan met hulle volgende game die Cheetahs verbysteek wat teen die Leeus op Ellispark moet speel. Die Bulle self sal moet uithaal in hulle volgende game teen die Pumas op Loftus.

Griekwas vs Pumas

Die Griekwas het met ‘n verbete terugveg poging gekom om die Pumas in Nelspruit 38-35 te klop. Vir die Griekwas het Tertius Kruger op senter uitgetroon met puik spel en druk ook twee skitter drieë ou grote. Die Griekwas het volgende ‘n loslootjie met die Pumas wat op Loftus teen die Bulle gaan uitdraf.

Goue Leeus vs WP

Die Leeus het gewys hulle wil nog in die uitspeel rondes speel en kom van agter af en klop die WP 29-20. Hierdie wen gaan baie vir die Jo’burgers beteken en hulle is skielik vierde op die log. Hulle speel volgende teen die melkkoeie van die Vrystaat met die WP wat Durban toe moet reis om teen die Haaie uit te draf.

 

Nag ou grote…

 

Rugby kampioenskappe 2017

SA vs NZ

Die Bokke het weliswaar baie karakter gewys teen die All Blacks en verloor naelskraap 24-25. Die Bok voorspelers was uitstekend met Malcom Marx, Eben Etzebeth, Steven Kitshoff en Jean-Luc Du Preez wat uitgeblink het. Agterlangs het Ross Cronjé heel skaflik vertoon met sy skakel maat Elton Jantjies wat die kluts kwyt was. Die All Blacks is waardige kampioene en het wel baie lof vir die Bokke gehad. Maar een punt verloor is nog steeds verloor ou groene...

Argentinië vs Australië

Die Aussies behaal ‘n goeie sege oor die Argentyne en wen 37-20. Met die telling op 20 elk na sestig minute, het die Wallabies die krane oopgedraai en teken sewentien punte in die laaste twintig minute.

 

Nag vir eers ou groene…

Share this article with a friend...