Articles
Social & Community News
06 October 2017

Rustenburg – Lekker jol en lekker kos was aan die orde van die dag by die Platinum Square Mall gedurende die viering van Erfenisdag op 23 September (- ook bekend as Braaidag).

Met eregas Bok van Blerk wat die gehoor op hul voete gehad het, perfekte sonskyn weer, promosie meisies wat yssies en geskenkpakkies uitdeel  en die heerlike reuk van braaivleis oor witwarm kole was ‘n dag van vet pret vir die hele gesin.

Van die groot bokke vir sport op die dag was Westvaal Motors, Toyota Rustenburg, Volkswagen Rustenburg, Rustenburg Audi, Suzuki en Fidelity Sekuriteit.

Op die einde van die dag was dit Westvaal se “all girl span” wat aangewys is as braai-kampioene en het die eerste plek prys van ‘n 45 duim Hisense TV sowel as al die spogreg ingepalm. In die tweede plek was Fidelity Sekuriteit wat ‘n oulike kroeg yskas sowel as Nando’s vouchers en ‘n multi-tool vir elke deelnemer gewen het. Derde was Audi met geweldige spangees en het heel paslik ‘n luidspreker stel gewen.

Volkswagen het die titel van kreatiefste stalletjie gewen met hul vrolik, opgetooide en springbok geïnspireerde stalletjie.  Aan die einde van die dag was dit ‘n heerlike viering van jonk van gees wees en lekker kuier om die kole saam met nuwe vriende. As jy nie daar kon wees nie het jy beslis uitgemis, maar maak seker jy mis nie die volgende groot promosie by die Platinum Square Mall nie!

Share this article with a friend...