Articles
Sport & School News
15 September 2017


Griekwas vs Goue Leeus

Die Leeus was witwarm in Kimberley en klop die Griekwas op hul tuisveld met 34-17. Die kalf was reeds met halftyd in die put met Jo’burgers wat 24-0 voorgeloop het. Dit wil voorkom of die Leeus uit hul winterslaap wakker geword het, en het puik ruggas opgedis. Die teenwoordigheid van Kwagga Smith na sy maand skorsing weens ‘n rooikaart het ‘n groot verskil in die Leeupak gemaak. Die Leeus speel volgende tuis teen die Bulle met die Griekwas wat ook gasheer vir die Haaie gaan speel.

Pumas vs Haaie

In Nelspruit moet die Pumas sien hoe die Haaie se Rhyno Smith, plaasvervanger heelagter, die wendrie in die doodsnikke druk om die Haaie 27-25 as oorwinnaars van die veld te stap. Smith het ook ‘n paar weke gelede teen die WP die wenpunte aangeteken met ‘n doelskop uit die hoek. BMT ou grote… Geelkaarte aan die Haaie se kant het hulle amper die game gekos en hulle sal moet hard werk aan hul dissipline. Die Pumas speel volgende tuis teen die WP met die Haaie wat Kimberley toe moet reis om teen die Griekwas uit te draf

WP vs Vrystaat Cheetahs

Op Nuweland het WP baljaar en druk nie minder as nege drieë nie om 57-14 te wen. Die Blikore is eintlik ‘n verleentheid vir Curriebeker ruggas op die oomblik ou grote. Hulle beste spelers speel nou in die Pro-14 in die Noordelike halfrond. Die WP speel volgende teen die Pumas in Nelspruit met die Cheetahs wat ‘n welkome loslootjie terdeë gaan geniet.

Nag ou grote…

Nieu-Seeland vs Argentinië

In New Plymouth wen die All Blacks uiteindelik gemaklik teen die Poemas met 39-22. Die Poemas wat met rustyd 16-15 voorgeloop het, kon egter in die tweede helfte nie die druk van die nommer een span in die wêreld trotseer nie. Steve Hansen, die All Black coach, was glad nie tevrede met die Kiwi’s se spel nie. Die Poema losskakel Nicolas Sanchez het homself aangesluit by ‘n unieke klein groepie toetsspelers wat in een toets ‘n drie, doelskop, strafskop en skepskop kon behaal ou groene. Die All Blacks speel volgende teen die Bokke in Albany.

Australië vs Suid-Afrika

Die Bokke speel gelykop teen die Wallabies in Perth met 23 elk in moeilike nat omstandighede. Om gelykop te speel is maar soos om jou skoonma sonder tanne te soen, en dit kan maar nie lekker wees nie ou groene! Vir die Bokke was Pieter-Steph du Toit en Coenie Oosthuizen die groot uitblinkers onder die voorspelers.

Yster Oosthuizen het met ‘n gebreekte voorarm weer opgekom na die bloedbesering aan Nyakane, en die grote spog ook met 15 duikslae in die toets. Oosthuizen is ongelukkig vir die res van die reeks buite aksie weens die besering. Agterlangs het Elton Jantjies ‘n nagmerrie toets gehad en miskien is dit nou tyd dat Handrè Pollard weer ingespan word.

Die Bokke kom nou in hulle grootste toets wanneer hulle volgende teen die All Blacks in Albany gaan uitdraf.

‘n Groot terugslag vir SA ruggas is die versoek van Pat Lambie om van SA Rugby vrygestel te word. Hy gaan sy loopbaan in Racing, ‘n rugbyklub in Frankryk, voortsit.

Nag ou groene…

 

Share this article with a friend...