Articles
Sport & School News
08 September 2017

Rustenburg – Vanjaar se Gold Cup rugbyliga skop op Saterdag, 9 September af. Hierdie jaar sal die verdedigende kampioene, Rustenburg se Impala Rugby klub, hul sokkies moet optrek en skouer aan die wiel sit as hulle die eerste span wil word om die Golden Cup twee jaar in ‘n ry te wen.

Die Gold Cup word beskryf as ‘n elite drienasie interklubkampioenskap en sien rugbyklubs in Suid Afrika, Namibië en Zimbabwe mekaar die stryd aansê.

Agt wedstryde sal terselfdertyd plaasvind regoor die liga, vanaf Windhoek, Harare, Kaapstad, Welkom, Orkney, Oos Londen en Rustenburg. 

Die kompetisie word verdeel in vier pools van vyf spanne elk wat teen mekaar die stryd aansê in ‘n round-robin kompetisie. Newrak Rustenburg Impala se Eerstes kom Saterdag te staan teen Recall Security Bloemfontein Police.

Naas Olivier, Newrak Impala Rugby klub besigheidsbestuurder het aan die Platinum Weekly koerant vertel dat hy die grootste vertroue in ons span het. “Die ouens is gereed, hulle het hope ure, dissipline en sweet ingesit. Ek glo ongetwyfeld dat hulle die span gaan wees on die trofee weer te lig hierdie jaar.”

Kom wys gerus jou trots en ondersteun ons span by die Impala Rugby klub.

Die wedstryd skop af om 16h00 met opwarmingswedstryde en live entertainment vanaf 13h00. Bring gerus die hele gesin en geniet ‘n lekker dag langs die veld.

Enige iemand wat by die Rustenburg Impala klub wil aansluit, is meer as welkom om hoofafrigter, Nico Le Roux, te kontak by 073-177 8299. Oefentye is Maandae, Dinsdae en Donderdae om 18h00-19h30.

Enigeen is ook meer as welkom om die manne tydens oefening te kom ondersteun. Kom loer gerus!

Share this article with a friend...